Jou voete swel, jy sit ekstra gewig aan en vermy die spieël soos die pes, want wat terugstaar na jou, lyk soos ’n menslike walvis.

Dis maar ’n paar van die dinge wat talle vroue in die laaste trimester van swangerskap ervaar.

Maar ’n fiksheidsmodel het al dié tipiese swangerskapsimptome vrygespring en tydens haar swangerskap met ’n superferm lyf gespog.

Sarah Stage (33) is ses maande swanger op die foto onder!

Die model, van Burbank in Kalifornië, het die foto op Instagram gedeel en daarby geskryf: “Goeiemôre, babatjie!”

Haar volgers het ook nie op hulle laat wag met die kommentaar nie.

“Sy is ses maande swanger . . . ek lyk nie eens op die oomblik so nie,” het een laat hoor.

Nog een het geskryf: “Dit is nie normaal nie. Swanger wees sonder ’n boepie? Ek hoop net die baba is gesond. Die baba behoort nie gestraf te word omdat dit ’n ma het wat so selfsugtig is dat sy net oor haar lyf omgee nie.”

Die kritiek skeel Sarah (33) min, want dit het al vantevore gebeur. Sy is swanger met haar en haar man, Kristopher, se tweede kind.

????

A post shared by MY FITNESS EBOOK AVAIL NOW ???? (@sarahstage) on

Die paartjie is die trotse ouer van ’n tweejarige seuntjie, James Hunter. En nes met haar huidige swangerskap, was Sarah se boepie tydens haar swangerskap met James ook skaars sigbaar.

Kyk hoe het die beeldskone brunet 11 dae voor die geboorte gelyk: “Ek het ’n klein boepie, maar ek dra hierdie keer ’n bietjie anders. Die dokter sê die baba is baie laer,” het sy aan People gesê.

“Ek is baie opgewonde dat James ’n boetie en ’n speelmaat gaan hê! Die swangerskap was baie anders. Ek is beslis moeër, want dié keer hardloop ek agter ’n kleuter aan. Maar ek kla nie; ek is baie opgewonde!”

Bronne: mirror.co.uk, people.com