Daar was ’n tyd lank gelede toe die sake-kerns van stede en dorpe uitgehang het met van die skouspelagtigste kersliggie-uitstallings denkbaar. Selfs huiseienaars het die gewoonte gehad om hul voortuine te behang met veelkleurige en flikkerende liggies.

Cindy Sickels van Krugersdorp is een van hulle. Sy het drie jaar gelede hiermee begin, en elke jaar nog liggies bygekoop. Vandag hang daar ongeveer 140 m liggies in haar tuin, maar sy sê sy sou graag wou gehad het dat haar versameling teen dié tyd al groter moes wees.

[caption id="attachment_151981" align="alignnone" width="600"]Cindy Sickels se versameling. Cindy Sickels se versameling.[/caption]

[caption id="attachment_151980" align="alignnone" width="600"]Cindy Sickels se versameling. Cindy Sickels se versameling.[/caption]

[caption id="attachment_151982" align="alignnone" width="600"]Cindy Sickels se versameling. Cindy Sickels se versameling.[/caption]

[caption id="attachment_151983" align="alignnone" width="600"]Cindy Sickels se versameling. Cindy Sickels se versameling.[/caption]

In Pretoria bestaan Dries en Brenda van der Merwe se versameling uit 150 000 gloeilampies wat nie net in hul voortuin hang nie, maar selfs hul huisdak bedek. Die bedrading wat al hierdie liggies laat brand, is sowat 13 km lank!

[post-slider]