Swaar reën het Vrydagmiddag tot oorstromings in Ermelo gelei. Leonard Laage het dit op kamera vasgelê.

Vroeër vandag

Intussen is ’n stewige storm besig om oor die groter Gauteng-gebied vorm aan te neem.
Yvette de Beer het hierdie pragtige foto’s gedeel wat sy op die N12 tussen Potchefstroom en Johannesburg geneem het.
[caption id="attachment_147432" align="aligncenter" width="600"]Yvette de Beer het nog pragfoto's op die N12 tussen Potchefstroom en Johannesburg geneem. Yvette de Beer het nog pragfoto's op die N12 tussen Potchefstroom en Johannesburg geneem.[/caption] Intussen word daar op Reënval SA se Facebook-blad melding gemaak van fyn hael en swaar reën in Witbank. Ook oor Boksburg, Ermelo, Germiston en Roodepoort het daar ’n swaar reënbui uitgesak. Daar is ook gerugte dat ’n gedeelte van Edenvale vandag deur ’n wolkbreuk getref is. Ook in Pretoria hang onweerswolke swaar in die lug.
Die hoop beskaam nie dat die reën groot verligting sal bring ten spyte van die donderstormwaarskuwing.

Intussen het goeie reëns die afgelope week in die Noord-Kaap ook op plekke groot verligting gebring.

Wanneer daardie tweespoorstofpad so lyk, kan ’n boer se hart mos net sing!