Die koue het talle dele van die land in ’n ysige wurggreep beet. Dit knibbel aan jou ore, die punt van jou neus en aan jou vingerpunte. Om nie te praat van daardie klikbek-witwasemwolkie wanneer jy jou mond oopmaak en asemhaal nie.

Dis koud en niemand kan die skitterwit sneeukombers wat in talle streke neergedaal het se bekoring vryspring nie.

Wees gewaarsku: Die gure weerstoestande kan tot Woensdag voortduur met nog sneeu wat oor die hoogliggende dele van KwaZulu-Natal verwag word en wydverspreide reën oor groot dele van die land.

Verskeie paaie is oor die naweek gesluit as gevolg van die weerstoestande. Kyk net hier hoe Suid-Afrikaners die naweek oor die weer gegons het: Dit proe mos nou vorentoe!

Tussen Kokstad en Matatiele
R617 by Underberg is gesluit

Genugtig, dié ambulans “verdwyn” byna in die sneeu

Meer sneeu as brandstof by hierdie vulstasie

Pragtige kontras tussen die Nguni-beeste en die sneeu
Sneeu en reën in Harrismith

Nou’s die Swartberg beslis die Witberg

Skitterwit in Kokstad

Die voetspore wys duidelik dat niemand dit vandag in daardie swembad gaan waag nie.

So lyk dit tussen Kokstad en Cedarville

Underberg is behoorlik toegesneeu

Prentjiemooi al is dit so koud

Nie eers die koue gaan hierdie kalfie keer om lekker warm melk in die maag te kry nie

’n Bevrore waterval in Sani-pas

Van visvang gaan daar by Rhodes vandag dadels kom

Maak seker van die volgende voor jy in die pad val wanneer dit sneeu:

1. Is daar antivriesmiddel in jou motor se verkoeler?

2. Werk jou ontwasemingsverstelling in die motor?

3. Is daar voldoende loopvlak op jou motor se bande? Gladde bande op gladde oppervlakte voorspel net een ding: moeilikheid.

4. Werk al jou motor se ligte soos dit moet?

Lees eers hier wat om te maak as jy regtig móét ry:

1. Trek stadig en egalig weg en wees ingestel op die pad-oppervlak.

2. Vermy dit om hard rem aan te slaan.

3. Laat sowat drie keer meer ruimte toe tussen jou en die voertuig voor jou.

4. Brûe en paaie wat min gebruik word, is geneig om die gouste te vries.

5. Moenie jou voertuig oorskat nie, selfs al is dit ’n magtige vierwielaangedrewe voertuig.

Agt wenke om die koue te trotseer:

1. Bly droog en dra lae klere oor mekaar. Die laag teen jou lyf moet vogtigheid absorbeer en dit weg van jou lyf hou.

2. Drink water. Hoe meer water in jou liggaam is, hoe makliker is dit om warm te bly.

3. Geniet kos wat jou warm laat voel, soos sop, warm koffie en tee en selfs kos met ’n bietjie van ’n (rissie-)byt.

4. Jammer, maar alkohol is nie die kuur teen koud kry nie. Inteendeel – dit kan jou laat sweet, wat jou liggaam laat afkoel. Kies eerder ’n geurige sop of warm sjokolade.

5. Bêre vir eers die polvy- en elegante skoene. As jou tone warm is, gaan jy ook beter voel. Dus, stewels en lekker warm sokkies. Selfs ’n ekstra paar sokkies as dit moet.

6. Keer terug na die kombuis. Behalwe dat dit ’n goeie manier is om die lug warmer te maak, is dit ook lekker om ’n smaaklike warm gereg te geniet.

7. Kuier rondom die kaggel as jy een het. Maar maak seker dat die rook deur die kaggel se skoorsteen gevoer word.

8. Geniet die sneeu – as jy naby is.

Het jy mooi sneeufoto's die naweek geneem? Stuur dit aan ons en dit word dalk gepubliseer!