’n  Quinceañera is ’n Spaanse tradisie waar ’n jong meisie se mondigwording gevier word. En Luna, die kat, se eienaars het gevoel dat dit niks minder as gepas sal wees om vir haar ook een te hou nie. Sy’s mos immers nou ’n jong dame!

En soos dit ’n prinsespartytjie betaam was haar makietie baie eksklusief met slegs Luna se beste vriende en haar familie op die gastelys. Sy het selfs gepryk in ’n pienk rokkie. Te kostelik!

Angel Olavarria, Luna se eienaar, sê Luna se ma, Maritza, het alles gereël. Dié sê Luna het haar gate uit geniet, berig Metro.co.uk.

“Ons het meestal gepraat, gespeel en baie lekker happies geeët met die verjaarsdag meisie,” vertel sy. “Sy het ’n ongelooflike tyd gehad by haar partytjie wat ongeveer twee tot drie jaar ure was om bymekaar te sit.”

Daar was ook smullekker happies soos tacos, koekies en Tres Leches ,’n tradisionele melkkoek, op die spyskaart.

En natuurlik ook tunavis wat die katjie in ekstase gehad het.

"Enige plek waar daar kos en aandag is, is Luna. Ons wil graag dink dat sy geweet het dat dit haar verjaardag is. Ons het nog twee troeteldiere, ’n hond Noodles en nog ’n kat Leo, hulle was seker baie jaloers!" vertel Angel.

Foto’s van die kat se partytjie het aanlyn opslae gemaak op Facebook en Reddit. Baie het hul dank teenoor die familie uitgespreek oor hulle hul troeteldiere met liefde en omgee versorg.

Kyk die skattige video hoe Luna haar partytjie terdeë geniet:

Bronne: Metro.co.uk; Facebook