Nou kan hulle maar hul musse, reënjasse en sambrele afstof en die komberse nader trek.

Dit kom nadat die Wes-Kaapse regering in Mei die Wes-Kaap in sy geheel tot rampgebied verklaar het na aanleiding van die voortslepende droogte wat die provinsie na reën laat smag.

Die stad Kaapstad het aangekondig dat vlak 4 waterbeperkings vanaf 1 Junie toegepas sal word.

Huisgenoot het vroeër berig dat twee kouefronte oor die volgende ses dae verwag word, waarvan die eerste Saterdagmiddag in die Wes-Kaap aangekom het.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het egter gewaarsku dat hierdie kouefronte amper geen duik in die Kaap se voortslepe droogte sal maak nie, hoewel daar ’n groot risiko van kitsvloede is.

Dit keer Kapenaars egter glad nie om steeds elke druppel reën te waardeer nie!