Daar’s ’n ligpuntjie aan die einde van elke donker wolk en dié keer is dit boonop ’n wolk wat reën bring! Danksy goeie reën die afgelope paar dae het gestoorde watervlakke van 47,9% tot 48,7% toegeneem. Elke druppel maak ’n verskil, elke druppel tel. In die dorre Noordwes het verspreide buie groot vreugde gebring. Klerksdorp moet baie bly wees oor hierdie wolke in die lug!

Nou sous dit behoorlik!
Watter klank is dan nou mooier as dié van reën op ’n sinkdak?

In die omgewing tussen Ventersdorp en Klerksdorp hang die belofte van reën swaar in die lug.

[caption id="attachment_146801" align="aligncenter" width="600"]So lyk dit op Palmietfontein, die plaas van Thys en Wilma Lourens tussen Klerksdorp en Ventersdorp. So lyk dit op Palmietfontein, die plaas van Thys en Wilma Lourens tussen Klerksdorp en Ventersdorp. [/caption] [caption id="attachment_146802" align="aligncenter" width="600"]Die hoop vlam hoog vir reën op Palmietfontein. Die hoop vlam hoog vir reën op Palmietfontein.[/caption] [caption id="attachment_146803" align="aligncenter" width="600"]Donker en dreigend - die hoop op reën beskaam nie! Foto deur Thys en Wilma Lourens verskaf. Donker en dreigend - die hoop op reën beskaam nie! Foto deur Thys en Wilma Lourens verskaf.[/caption] Ook in die Vrystaat deel die wolke hul seën.

En in KwaZulu-Natal was daar vroeër Dinsdag die belofte van ’n donderstorm.

Veiligheidswenke wanneer dit reën

? Vloeiende water bou druk op. Hoe vinniger dit vloei, hoe hoër is die druk.

? Water wat teen 3,2 km per uur val en slegs 0,4 m diep is, is voldoende om ’n motor van ’n brug te dwing.

? Maak seker jy het so ver as moontlik goeie sig: Rommel kan deur sterk reën losgewikkel word en in jou pad beland.

? Moenie vir die reën wag voordat jy jou ruitveërs vervang nie. Goeie ruitveërs in ’n goeie toestand is altyd een van jou beste vriende.

? As jy dalk in ’n fratsvloed gevang word, word dit aanbeveel dat jy jou voete in die rigting van die stroom se vloei moet rig.

Klik hier vir meer wenke.