Daar was groot opwinding in Swede toe die jongste koninklike, prins Oscar, gedoop is.

Die eerste amptelike foto van prins Oscar is deur sy ma, prinses Victoria geneem en op 8 Maart vrygestel, ses dae na sy geboorte.

Die nuwe aankomeling is, naas sy ma en ouer suster Estelle, derde in die ry vir die Sweedse troon.

A photo posted by People Magazine (@people) on

Estelle is glo ewe ingenome daarmee om die ouer suster te wees, het haar pa, die gewilde prins Daniel aan die Sweedse dagblad Expressen, gesê.

Die prins was heeltyd aan sy vrou se sy tot en met die aankoms van sy seun. Hy het glo bygestaan tydens die geboorte en boonop self die naelstring geknip. Volgens berigte was die pa van twee ook baie diep geraak deur Oscar se aankoms. Hy was bitter aangedaan en het heerlik trane gestort toe hy die nuus van Oscar Carl Olof se aankoms aan die pers bekend gemaak het.

Vandaar was die groot wag om uit te vind wanneer die jongste koninklike amptelik gedoop kan word. En op 5 April is die belangrike datum wêreldwyd aangekondig: Vrydag, 27 Mei by die paleis se koninklike kapel in Stockholm.

So is die doopseremonie amptelik vasgelê:

Verskeie hooggeplaastes en ander Baie Belangrike Persone was teenwoordig.

Kleinsus was natuurlik ook deel van die seremonie.

Prins Oscar is na wat berig word, gedoop met water van die Öland-eiland, soos die gebruik in die Sweedse koninklike familie is.

Die klein prins lyk al te ingenome op sy groot dag.
Maar dan skop die moegheid in . . .

Daardie "onkoninklike" duim in die lug kan net een ding beteken: Die doop is verby!

Prinses Victoria soen haar klein prinsie na afloop van die doopseremonie.

Prins Oscar het natuurlik sy eie goue wiegie.

...maar ons glo die klein mannetjie gaan binnekort nie kan wag om sy merkwaardige doopgeskenk op die proef te stel nie: ’n Speelgrond wat na hom vernoem is. Na wat verneem word sal dit in die Söderåsen nasionale park in die Skåne-streek gebou word. Prins Oscar is die hertog van hierdie streek.

Die speelpark sal net uit natuurlike materiaal gebou word en dit sal vir kinders van alle ouderdomme oopgestel word.