Die protesaksie wat Maandag daartoe gelei het dat die Goue Hoofweg vir geruime tyd gesluit moes word, het Dinsdag na Ennerdale versprei. Verskeie paaie in die omgewing is gesluit. Skole in Ennerdale is ook vir die dag gesluit.

Luidens berigte word swak dienslewering en die gebrek aan behuising as redes vir die protesaksie aangevoer.