Die hooftema van die geleentheid was die bewaring van die omgewing. ’n Hoogtepunt was ’n vertolking van die immergewilde Brasiliaanse lied The Girl From Ipanema, wat die model Gisele Bündchen gesing het.
Die land se ryk geskiedenis is ook in al sy glorie deur die sowat 6000 dansers uitgebeeld. Die begaafde Britse aktrise Judi Dench het ook ’n gedig voorgelees. Die 78,000-sterk skare het gegons toe ’n 12-jarige rapper sy talent uitvoer.
Daarma het die 207 spanne van die onderskeie lande die stadion binnegekom, insluitend die Olimpiese span van Suid-Afrika.

Talle wêreldleiers, insluitend Frankryk se president, François Hollande, en die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, het die verrigtinge vanuit die stadion dopgehou. As jy wonder oor watter sporthoogtepunte by die spele jy vandag en môre kan dophou, loer hier. Kyk hier na nog pragtige foto's:

’n Reuse Brasiliaanse metropolis het uit die niet uit verskyn om die tema van verstedeliking uit te beeld.
Die span van Duitsland arriveer.
Die Olimpiese-fakkel word aangesteek.
Die aand is afgesluit met ’n vuurwerkvertoning binne die Maracanã-stadion.

A photo posted by CNN (@cnn) on

Nou is ons gereed vir die sport om te begin!