Talle van die oorledenes het in hul motors gesterf terwyl hulle gespook het om weg te kom van die brand, het The Guardian berig.

Foto: Getty Images

 Die land se eerste minister, António Costa, het dit beskryf as “die grootste veldbrand-tragedie in onlangse jare”.

 Minstens 54 mense is beseer waaronder 8 brandbestryders en ’n kind is, het CNN berig.

Foto: Getty Images

Omtrent 60 vure het Saterdagaand in die sentrale deel van Portugal gewoed, veral in die omgewing van Pedrógão Grande. Meer as ’n 1700 brandbestryders is Saterdagaand gestuur om die brande te beveg.

Die Iberiese skiereiland gaan tans gebukkend onder ’n hittegolf met temperature wat in sommige gebiede by 40 grade Celsius draai. 

Bronne: The Guardian, CNN, BBC