Toeriste stroom elke maand na ’n piepklein eiland in die suide van Japan waar daar meer katte woon as mense. Die eiland Aoshima is die tuiste van meer as 150 katte en net sowat 15 inwoners. Daar is geen winkels of motors op die eiland nie – net ’n boot wat die eiland twee keer per dag besoek en nie meer as 34 toeriste per rit vervoer nie.

Die eiland bied niks anders vir toeriste as katte nie – geen koffiekroeg, besienswaardighede of begeleide toer nie. Slegs tientalle katte wat orals op die eiland luilekker rondlê en neffens die mense hardloop.

? #aoshimaisland #nekonoshima #cats #vscocam #vsco

A post shared by KAPI (@kapi_ngapi) on

In 1945 het ongeveer 900 mense op hierdie kat-eiland gewoon. Vandag is dit meestal pensioentrekkers wat hier by die katte woon en na hulle omsien.
’n Paar katte is aanvanklik na die eiland gebring om die muise te vang wat saam met die vissersbote aangekom het.

Uhuhuhuhuhuhu..heaven..???insyaallah murah rzeki mw p cni?????? #aoshimacat#aoshimaisland#cats#meow#catlover#whiskers

A post shared by SayangMamaPapa? (@space0ver9) on

Volgens Japan Daily Press het die katbevolking sowat tien jaar gelede begin toeneem toe minder mense op die eiland begin woon het en daar niemand was om die katte te steriliseer nie. Tans is net sowat 10 katte op die eiland gesteriliseer.

Ekstra bron: Washington Post