Iets wonderliks het Vrydag in Sharon se agterplaas afgespeel: Sy het Queen Bey se foto-sessie gedupliseer en haar eie kinkel daarby gevoeg – met haar sesjarige dogter as fotograaf!

In die foto hou Beyoncé haar nuwe tweeling, Sir Carter en Rumi, vas. Sy is omring deur ’n muur van blomme, wat ’n eteriese gevoel skep.

Sir Carter and Rumi 1 month today. ??????????????????????????

A post shared by Beyoncé (@beyonce) on

Toe sy die foto sien het Sharon, wat in Februarie die lewe aan ’n tweeling geskenk het, besluit om ’n soortgelyke foto te neem.

“Ek het ’n paar minute vir myself gehad toe ek Beyoncé se foto aanlyn gewaar. Toe my 6-jarige by die huis instap, het ek haar sluier en ’n pienk babakombers gegryp en aangetrek. Sy het die foto’s geneem. Ek het dit aan my vriendin in Kanada gestuur,” het sy aan Mirror Online vertel.

Sharon sê die foto-sessie was glad nie beplan nie.

“Dit was lukraak. Hoekom nie? Ek het die tweeling, ’n kombers en ’n paar blomme uit my tuin. Ek het wat sy gehad het. Ek het geweet my vriende gaan hulle pap lag hieroor, maar ek het nie verwag dit sal so ver gaan draai nie.”

Sharon se inskrywing en foto’s het soos ’n veldbrand op Facebook versprei en mense is mal daaroor!

Bronne: Mirror Online, Inside edition, Facebook