'n Kwaai haelstorm het net ná tweeuur oor Kempton Park aan die Oos-Rand uitgesak. Die waterstrome het sterk deur die strate geloop, maar dit het net sowat ’n kwartier lank gehael. Teen vieruur was die ergste van die skielike storm so te sê verby. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër vandag gewaarsku hewige storms kan ook aan die Wes-Rand verwag word.

Francois Sieberhagen het dié foto's van die hael in Kempton Park vir ons gestuur.

[caption id="attachment_143616" align="aligncenter" width="600"]Foto: Francois Sieberhagen. Foto: Francois Sieberhagen.[/caption]

[caption id="attachment_143617" align="aligncenter" width="600"]Foto: Francois Sieberhagen. Foto: Francois Sieberhagen.[/caption]

[caption id="attachment_143618" align="aligncenter" width="600"]Foto: Francois Sieberhagen. Foto: Francois Sieberhagen.[/caption]

Deel gerus jou foto's van vandag se haelstorm op Twitter met #GautengHael of op ons Facebookblad.