Jonty en sy tweede vrou, Melanie Jeanee, se jongste spruit is verlede maand gebore. Hulle het ook ’n tweejarige dogtertjie, India.

Jonty is deesdae ’n veldwerk-afrigter vir die Indiese krieketspan die Mumbai Indians. Hy deel gereeld op Instagram fotos van klein Nathan en sy ousus. Dit is vir hom wonderlik om te sien hoe sy twee kinders ’n band ontwikkel, vertel Jonty op Instagram. Hy het nog twee kinders, Daniella en Ross, by sy eerste vrou, Kate.


Jonty se kleinman het ook al sy eerste krieketwedstryd saam met sy pa gekyk!

Nathan Jon's first cricket match with dad #CT17 #STAR #homework #onairlater #lifeontour #travelingwithkids

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on

Klein Nathan is nes sy ousus in Moembai gebore. En nes met India, was dit ’n watergeboorte.

Nathan Jon Rhodes leaving Surya Childcare hospital with his excited family @mipaltam #2kids2cups

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on