Twee voertuie het tydens die trompopbotsing aan die brand geslaan en digte rookwolke die lug ingestuur. Luidens berigte het ’n vrou in die ongeluk omgekom terwyl ’n man se been gebreek en sy voet beseer is.

Volgens Netwerk24 was die man met sy Range Rover op pad na Swellendam en die vrou vanuit die teenoorgestelde rigting na Botrivier se kant.