Verkeer is Vrydag in albei rigtings by die Olifantsfontein-afrit op die R21 in Gauteng ontwrig toe ’n vragmotor ’n hoëspanning kragmas getref het. Teen ongeveer 09:30 was daar feitlik geen verkeersvloei op die R21 Noord (in die rigting van Pretoria) nie.

Motoriste word sterk aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.
Volgens berigte het van die kragkabels as gevolg van die botsing op die snelweg beland.