Congo Matshepe, provinsiale voorsitter van Samwu het Woensdagaand aan News24 gesê dat Samwu-lede nie verantwoordelik vir die brand was nie.

“Ons het in die middestad gewag vir ons nasionale leierskap toe polisie die werkers met rubberkoeëls en skokgranate uiteen gejaag het."

Matshepe sê nadat hulle uiteen is, het hulle gesien dat ’n brand in die stadsaal ontstaan het. 

“Die polisie het alles begin. Toe die polisie rubberkoeëls begin afvuur, het ons ’n paar minute later gesien dit brand.”

Matshepe het gesê Samwu-verteenwoordigers sal Donderdag met munisipale amptenare ontmoet om die skade te ontleed en die unie se eise te bespreek.

Samwu het vroeër Woensdag beplan om die munisipaliteit in te lig oor die voorneme om op ’n volle staking te gaan. Die vakbond het gehoop om ’n memorandum met meer as 20 eise te oorhandig.

Onder die kwessies wat opgehaal sou word, was die ontslag van tydelike werkers wat al langer as drie maande in die stelsel was.

Volgens Qondile Khedama, woordvoerder vir die stad Mangauang, het die stadsaal net ná 18:00 Woensdag begin brand.

Khedama het gesê die munisipaliteit sal Donderdag die omvang van die skade bepaal.

Minstens drie brandweerwaens het gesukkel om die brand onder beheer te bring, het Arrive Alive Woensdag gesê.

Die gebou se dak het ingetuimel.

Intussen is drie mense in hegtenis geneem en nog twee geboue het afgebrand. 

Bron: News24