Dis nie vir almal moontlik om die sneeu eerstehands te ervaar nie, maar hierdie rondomtalie van foto’s en video’s gaan jou gewis elke vlokkie laat voel.

Die kwik het die naweek by Sutherland (-9 ºC) en by Wepener en Fauresmith (-7,4 ºC) diep aan die verkeerde kant van 0 ºC gekuier.

Intussen waarsku die Suid-Afrikaanse weerburo teen die moontlikheid van swart ryp in die Vrystaat, Noord-Kaap en in die suidwestelike gedeelte van die Noordwes.

Koue toestande sal landwyd heers terwyl die kans op meer sneeu vandag skraal is. 

Hoë deinings tussen ses en sewe meter hoog word plek-plek verwag tussen Plettenbergbaai en Oos-Londen.