Dit het omstreeks drieuur vanoggend begin. Na verwagting sal die protesoptrede tot drieuur vanmiddag duur.
 
Tans is die N1, N3 en N12 reeds geblokkeer. Busbestuurders kan nie by hul werk uitkom nie. Die protesoptrede raak selfs Gautrain-pendelaars.

Die verkeersowerheid vra motoriste met geduldig wees terwyl die betogings aan die gang is.

Wayne Minnaar, woordvoerder van Johannesburg se metropolisie, het aan News24 gesê van die taxibestuurders het vragmotors gekaap om die snelweg by die Allendale-afrit te versper.

Luidens berigte is ses van die Tshwane-busdiens se busse onder die klippe gesteek. Die busdiens het alle dienste vir vandag opgeskort in belang van hul werknemers en eiendom se veiligheid.

Die taxibedryf het toestemming gekry om op te ruk na die kantoor van SA Taxi Finance in Midrand.

Panyaza Lesufi, Gauteng se onderwys-LUR, het ouers dringend versoek om hul skoolgaande kinders tuis te hou vir hul eie veiligheid.