Luidens berigte is minstens tien mense dood of beseer. Daar is ook kinders onder die beseerdes. Die ontploffings het na bewering by die Tegnologliese Instuut-stasie en die tweede by die Sennaya Ploshchad-stasie plaasgevind. Nooddienste en minstens agt ambulanse is op die toneel. Foto's vertel die verhaal van verdwaasde beseerdes, bebloede liggame en verwronge staal. Die Sennaya Ploshad is een van die hoof-moltreinstasies van die stad. Dit is onder ’n groot winkelsentrum en Gazprombank, die derde grootste bank in Rusland.

Volgens die Russiese nuusagentskap Sputniknews was een van die ontploffings in een van die treinwaens. Gerugte doen die ronde dat dit spykerbomme was wat ontplof het. Die Russiese leier, Vladimir Putin is vandag in die stad.

  Sewe van die moltreinstasies op die roete is in hierdie stadium gesluit.

Bronne: sputniknews.com, edition.cnn.com, mailonline.co.uk