Dit bibber plek-plek in die land en nou weet jy hoekom: die eerste sneeu het geval. Sani Lodge word behoorlik met ’n wit sneeukombers bedek!

Ook by Tiffendel het swaar neerslae van sneeu vandag geval - voorwaar ’n winter-wonderland.
Die arme donkies . . .
Van die roetes in Lesotho verg heelwat van motoriste.

Vroeër vandag

Dié foto is Vrydagoggend deur deur die Afriski-bergoord in die hartjie van Lesotho gedeel.
Storm Report SA het dié sneeukombersie gedeel. Dit is naby Letseng geneem en deur Rene Burger verskaf.
Die weervoorspelling het voorlopig die Wes-Kaap kwytgestel van sneeu die komende naweek, maar in die Oos-Kaap word ligte neerslae rondom Hogsback en Barkly-Oos verwag. By Rhodes en die Tiffindell ski-oord word tussen 5-15 cm sneeu verwag.
Sani-pas en die oostelike Drakensberge kan ook gereed maak vir stewige sneeuneerslae

Deel gerus jou sneeufoto’s met ons deur die hutsmerk #WinterIsHier te gebruik.