Ná weke se swoeg en sweet agter die potte in die Kokkedoortjie-stoor is die topvyf kinderkokke aangewys.

Christi sê aan Huisgenoot dat kinders wat die kosmaak-reeks op kykNET volg, hom nou dikwels by die skool uitvra oor die geregte wat hy moes maak. “Hulle praat oor wat ek (op die program) gemaak het en dan praat hulle oor wat hulle al self ook gemaak het. Ek kan agterkom dat die kinders nou meer ingewikkelde goed probeer.”

Ontmoet die topvyf!

Thali Hugo (11) van Wellington kom uit ’n gesin wat vier keer ’n week braai. Sy is ’n wiskunde-slimkop en gek daarna om te dans. Haar ma, Aletha, is saam met haar by die Kokkedoortjie-stoor.

[caption id="attachment_174508" align="alignnone" width="600"]Thali Hugo (Foto: Verskaf) Thali Hugo (Foto: Verskaf)[/caption]

Christian Cloete (11) droom daarvan om eendag soos Jamie Oliver te kook. Die seun van Raithby is baie handig met ’n pasta-masjien en wanneer hy kans kry, lees hy graag die Guiness Book of World Records. Sy ma Martmarie is saam met hom by die Kokkedoortjie-stoor.

[caption id="attachment_174511" align="alignnone" width="600"]Christian Cloete (Foto: Verskaf) Christian Cloete (Foto: Verskaf)[/caption]

Edwin Theron (12) van Worcester is nie net handig in die kombuis nie. Hy speel rugby en stoei ook graag. Hy maak al van kleins af vir hom en sy sussie kos omdat sy ma, Marietjie, wat ook saam met hom by die Kokkedoortjie-stoor is, dikwels lang ure moet werk.

[caption id="attachment_174512" align="alignnone" width="600"]Edwin Theron (Foto: Verskaf) Edwin Theron (Foto: Verskaf)[/caption]

Mia Grobler (12) van Pretoria is gek na seekos en wiskunde. Sy sê sy probeer om in die kombuis nooit twee keer dieselfde flater te begaan nie. Sy is boonop klaskaptein by die skool. Haar ma, Karen, sit angstig langs die ander ouers en kyk wat Mia tydens die Kokkedoortjie-uitdagings aanvang.

[caption id="attachment_174513" align="alignnone" width="600"]Mia Grobler (Foto: Verskaf) Mia Grobler (Foto: Verskaf)[/caption]

Christi Myburgh (13) van Bloemfontein is ’n boekwurm en die doelwagter vir sy hokkiespan. Christi se ma, Brenda, kyk toe terwyl hy in die Kokkedoortjie-stoor kook.

[caption id="attachment_174514" align="alignnone" width="600"]Christi Myburgh (Foto: Verskaf) Christi Myburgh (Foto: Verskaf)[/caption]

? Kokkedoortjie is Woensdae om 20:00 op kykNET.