Joel Guy Chabata, eNCA-weerman, sê die formasie is die resultaat van ’n sterk kontras tussen droë en vogtige lug.

’n Soortgelyke formasie het gister oor Bloemfontein en die suide van Welkom in die Vrystaat beweeg.

Kapenaars kan intussen regmaak vir nog ’n koue front wat die bibber in die winter gaan terugsit.

Wat vandag weergewys op jou wag

’n Waarskuwing is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik oor geweldige hoë risiko van brande in die noordoostelike dele van die sentrale Karoo en plek-plek in die weste en sentrale binneland van die Oos-Kaap.

  • Gauteng: Gedeeltelik bewolk en koud
  • Mpumalanga: Mis in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel. Warm weer word vir die Laeveld voorspel.
  • Limpopo: Mis in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel. Warm weer word vir die weste en noorde voorspel.
  • Noordwes: Gedeeltelik bewolk, koud tot warm.
  • Vrystaat: Gedeeltelik bewolk, koud tot warm.
  • Noord-Kaap: Gedeeltelik bewolk in die weste en ooste. Die wind sal lig tot matig suidwes waai.
  • Wes-Kaap: Koel en bewolk, ligte reën in die suidweste wat in die namiddag na die westelike gedeelte van die suidkus sal beweeg. Die wind sal matig tot sterk noordwes waai, suid na suidoos draai in die namiddag.
  • Oos-Kaap: Bewolk met mis, later koel en gedeeltelik bewolk in die westelike gedeelte van die Oos-Kaap. Die wind sal later sterk suidwestelik waai. In die oostelike gedeelte van die Oos-Kaap sal dit later vandag bewolk raak met ’n matige suidwestelike wind in die namiddag.
  • KwaZulu-Natal: Gedeeltelik bewolk in die weste teen die namiddag met ’n ligte tot matige suidwestelike wind in die suide wat later verstewig en noordoos gaan draai.