[caption id="attachment_178268" align="alignnone" width="600"]Retreating water levels at Theewaterskloof Dam have left dying plant life behind. Photo: Ashraf Hendricks Die laer vlakke by Theewaterskloofdam laat ’n spoor van dooie plante. Foto: Ashraf Hendricks[/caption]

Die damme hou 99,6 persent van Kaapstad se waterkapasisteit en agt kleiner damme, meestal op Tafelberg, ’n skamele 0,4 persent. Theewaterskloof is die grootste van ses belangrike damme met ’n totale houvermoë van 480 188 megaliter. Dit berg meer as die helfte van Kaapstad se oppervlakwater.

Op Maandag 15 Mei was die vlak van die Theewaterskloof net 15,7 persent vergeleke met amper 31,3 persent in dieselfde tyd verlede jaar, 51,3 persent in 2015 en 74,5 persent in 2014. Gemiddeld was ses damme se vlakke maar 21,2 persent – ‘n rekord-laagtepunt.

Verlede Junie het GroundUp-verslaggewers van die damme besoek en afgeneem. . Ons het verlede week (11 Mei) teruggekeer.

Let wel: Hierdie foto’s is nie in dieselfde tyd van die jaar geneem nie en kan dus nie direk vergelyk word om die afname in die damvlakke te verstaan nie. GroundUp wil later ’n stel foto’s hê wat direk vergelykbaar is.

[caption id="attachment_178270" align="alignnone" width="600"]Theewaterskloof Dam in October 2010 was over 90% full. Photo from Google Maps Theewaterskloofdam was in Oktober 2010 meer as 90% vol. Foto: Google Maps[/caption]

[caption id="attachment_178266" align="alignnone" width="600"]From a similar position as the above photo, you can see how low Cape Town’s biggest dam was in June 2016. Photo: Masixole Feni Vanuit ’n soortgelyke posisie as die foto hierbo kan jy sien hoe laag die Wes-Kaap se grootste dam in Junie 2016 was. Foto: Masixole Feni[/caption]

[caption id="attachment_178265" align="alignnone" width="600"]Theewaterskloof Dam in October 2010 was over 90% full. Photo from Google Maps Theewaterskloofdam in Oktober 2010 was amper 90% vol. Foto: Google Maps[/caption]

As jy op die foto’s bo inzoem, kan jy geel vertikale merkers aan die regterkant van die betonpilaar sien. Daar is vier meer sigbaar in Mei 2017 as in Junie 2016.

[caption id="attachment_178264" align="alignnone" width="600"]This view shows how low Theewaterskloof is. Photo: Ashraf Hendricks Hierdie uitsig wys hoe laag Theewaterskloof se damvlak is. Foto: Ashraf Hendricks[/caption]

Die Bergrivierdam is die derde grootste dam wat water aan die stad voorsien, naas Theewaterskloof en Voëlvlei. Die dam het verlede week op net 33 persent van sy houvermoë gestaan, hoër as die 27 persent in dieselfde tyd verlede jaar, maar veel laer as die 54 persent-vlak in 2015 en 90,5 persent in 2014.

Al is daar tans meer as 42 000 megaliter water in die dam, is dele van die reservoir droog. Op plekke hoër op in die dam kon GroundUp se verslaggewers van die een wal tot die ander oor die reservoir loop.

Daar is geen teken van plant- of dierelewe by die dam nie en die grond was op plekke gekraak weens die droë toestande.

[caption id="attachment_178267" align="alignnone" width="600"]The Berg River is so dry in places that you can walk across it. Photo: Ashraf Hendricks Die Bergrivier op plekke so droog jy kan oor dit stap. Foto: Ashraf Hendricks[/caption]

Trevor Bohatch, Ground up