Foto: Getty Images

Ryan se persoonlike afrigter, Don Saladino, het dié vuurwarm foto die afgelope week van die hom gedeel. 

Ryan werk op die oomblik aan Deadpool 2 in Vancouver, Kanada.

“Gaan kyk na die Men’s Health-onderhoud met @vancityreynolds waarin hy praat oor die voorbereiding vir Deadpool 2,” het Don geskryf. “Ek is gek daaroor om te kan deel wees van hierdie reis en te sien hoe hard hierdie ou werk.” 

Don rig Ryan al die afgelope agt jaar lank af.

Vir die rol van Deadpool het Ryan elke dag beweeglikheidsoefening gedoen wat taakgeoriënteerde beweginspatrone behels en met weerstand gekombineer word voordat hy gewigte aanvat.

Die fliek word volgende jaar uitgereik.

Vir sy rol in Green Lantern, wat in 2011 verskyn het, het hy sewe dae van die week 90 minute lank geoefen en nooit dieselfde oefening herhaal nie. 

Ryan sorg dat hy spiermassa optel wanneer hy die rol van ’n superheld vertolk, maar wanneer hy in ’n romantiese komedie speel, probeer hy maer en gesond lyk.

Terwyl aanhangers swymel oor die aantreklike Ryan het hy net oë vir een vrou – die aktrise Blake Lively. Ryan en Blake is bekend vir hulle sprokiesagtige romanse.

In ’n onlangse onderhoud met GQ Magazine het Ryan gesê hy het geweet sy is die vrou vir hom toe hulle een aand laat in ’n restaurant gedans het.

“Dit was een van daardie oomblikke waar jy halfpad deur die dans dink: O, ek dink ek is verby ’n sekere punt.”

The hottest couple at the Golden Globes. #blakelively #ryanreynolds #goldenglobes

A post shared by Blake Lively (@blakelivelyig) on

Die paartjie het twee dogters, James (2) en Ines (10 maande).

the perfect family! #blakelively

A post shared by Blake Lively (@blakelivelyig) on

one of my favorite pictures from the ceremony. #blakelively

A post shared by Blake Lively (@blakelivelyig) on

Happy 2nd birthday to the adorable James! #blakelively

A post shared by Blake Lively (@blakelivelyig) on

Bronne: Instagram.com, Dailymail.co.uk; Mensjournal.com; borntoworkout.com; Gq.com