Inwoners van Rooiels moes hul huise inderhaas ontruim nadat die brand, wat in die Hottentots-Holland-berge ontstaan het, eiendomme bedreig het. Die R44-pad, wat deur Rooiels en verby Pringlebaai loop, was vir ’n geruime tyd gesluit, maar is intussen weer oopgestel.
Meer as 115 brandbestryders en 25 voertuie van die Kaapse Natuurlewevereniging was op die toneel. Working on Fire het by monde van Pringlebaai-brandbestryders bevestig dat drie huise reeds afgebrand het. Geen verlies aan lewens is aangemeld nie. Teen Maandagoggend was die vuur nog nie onder beheer nie.