Bobby van Jaarsveld en sy vroulief, Annatjie, het onlangs partytjie gehou om hul jongste se eerste lewensjaar te vier.

Die kleinding het op 7 Maart een jaar oud geword, net ’n dag ná Bobby se 30ste verjaardag.

Haar partytjie het ’n disko-tema gehad en die prominente kleur was pienk. Armani se twee ouer boeties, Sion (5) en Leben (4), het ook heerlik saamgevier.

Die verjaardagkoek het uit twee lae bestaan, is met kleurvolle fondant versier en bo-op het 'n blink rolskaats en disko-balle gepronk.

Kyk hier na die pragtige partytjiefoto's: