Hy en sy vrou, Annatjie, is besmeer in helder kleure op foto’s wat hy gedeel het. Op een staan hulle saam met ander mense in ’n golf van helder kleure tydens hul verfbal-ervaring.

Wat n lekker week in die bosveld saam my familie... ???????????????????? #gamefarm #bush #hunting #family #colours

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

“Wat ’n lekker week in die Bosveld saam met my familie . . .” het Bobby by die foto’s geskryf, met hutstekens vir wildplaas, bos, jag, familie en kleure.

Meer as 5 000 Instagram-gebruikers het van die inskrywing gehou.

#Seun #Skoondogter #LiefdeInDieBosveld ??

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

Ook Bobby se ma, Ronel, het ’n foto van Bobby en Annatjie by ’n kampvuur gedeel onder die hutstekens #Seun #Skoondogter #LiefdeInDieBosveld.