Sy verjaardag is eintlik eers op 16 November, maar omdat die Potgieter-gesin eersdaags weer na Japan vertrek, het hulle reeds vir hom ’n verjaardagpartytjie saam met al sy Suid-Afrikaanse maatjies gehou.

Jacques speel buite die Superrugbyseisoen vir die Japannese klubspan Munakata Sanix Blues.

@claudiahphotography my loves ??????

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Die kleinding se partytjie het ’n kameelperdtema gehad, geskoei op die babaspeelding Sophie la Giraffe, en is by die Taste Life Café in Pretoria gehou. Die prominente kleure was wit en goud.

Kyk hier na die pragtige partytjiefoto’s wat deur Bambino Photography geneem is. Angelique het dit in die sosiale media gedeel.