“My hart klop van nou af buite my lyf…” het die inskrywing gelui. En uit al die foto’s wat die nuwe mamma van haar kleinding op die sosiale netwerk-platform deel, is dit duidelik dat mamma dolverlief is op haar pragtige dogtertjie. By ’n foto waar Charlotte op haar maag lê, skryf Rolanda: "Onvoorwaardelike liefde… ’n Konsep wat ek rêrig eers nou verstaan nadat hierdie klein siel in my lewe gekom het #MaWees #VirAltyd." Op ’n ander foto dra Rolanda ’n swart-en-witkollebloes, en Charlotte ’n kolle-babajurkie. “Per ongeluk dieselfde uitrustings#kolletjieliefie,” skryf sy daarby.

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Sy het ook ’n foto van haar en haar man, die reggisseur Jozua Malberbe en Charlotte gedeel, waar hulle op ’n kombers op die gras lê, waarby sy skryf: "Familie eenheid. My alles. #FamilieVan3 #tuinpiekniek."

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on
By ’n foto waar Charlotte ’n pienk babapakkie dra som Rolanda haar gevoel met vier hutstekens op: "#dolverlief #charlottejames #3maande#KonNieWeerstaanOmTePoseerNie."

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

En Instagram-volgelinge oe en aa omtrent oor baba Charlotte. “Ag jinne!!!!!!!!! Sy is perfek,” laat ene dot_to_dot hoor. By ’n foto waar baba rustig in haar wiegie slaap, skryf Rolanda: "Droomland. #slaapmykindjie."

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Die tydskrif Sarie het in Desember na die geboorte berig Rolanda het natuurlik gekraam in Johannesburg. Die grimeerkunstenaar Claudia Hamman (Sonja Herholdt se dogter), was haar doula (iemand wat by die geboorteproses help en die ma na die bevalling bystaan, maar nie ’n vroedvrou is nie.