Vergeet van Drake en sy 13 pryse wat die rekords laat spat het; Cher was ongetwyfeld die ster van die Billboard-musiekpryse!

[caption id="attachment_174267" align="alignnone" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Die 71-jarige sangsensasie het pas bewys sy is die toonaangewende Icon-toekenning waardig toe sy haar grootste treffers, If I Could Turn Back Time en Believe aangebied het terwyl sy haar lyf (wat nog geen begrip toon van wat ouderdom behels nie) ten toon gestel het in ’n skitterende silwer uitrusting en kunsdiamante.

Daarna het sy ’n replika van die waaghalsige swart uitrusting wat sy in die musiekvideo vir If I Could Turn Back Time (wat oorspronklik verban is), aangehad.

Sy het gehuppel en gesing asof daar geen tyd verbygegaan het sedert dié liedjie se debuut in 1989 nie – laat staan nog die skamele 15 jaar wat verby is sedert haar laaste optrede op ’n prysuitdeling.

Toe sy die trofee van haar medesangeres Gwen Stefani ontvang, het sy aan die skare gesê: “Sedert ek vier jaar oud was, wou ek al doen wat ek nou doen, en ek het dit 53 jaar lank gedoen.”

[caption id="attachment_174288" align="alignnone" width="600"]Cher het die koppe laat draai in haar waaghalsige uitrusting. Foto: Magazine Features Cher het die koppe laat draai in haar waaghalsige uitrusting. Foto: Magazine Features[/caption]

In een van die voorste rye het Diddy albei hande gelig en in eerbetoon gebuig. “Dit is nie iets wat toejuiging nodig het nie. Ek het gister 71 geword en ek kan ’n 5-minute-plank doen. Ek sê maar net.”

Die ster, wie se jongste album, Closer to the Truth, in 2013 verskyn het, het haar ma bedank, wat aan haar gesê het: “Jy gaan spesiaal wees,” en toe ook Sonny Bono, haar voormalige gade en musiekvennoot, toegejuig wat oorlede is en wat volgens haar ook haar spesiale kant raakgesien het.

“En daar was regtig niks aan my wat verklap het dat ek spesiaal sou wees nie.”

– Nici De Wet