Scout Penelope Larson, van Florida in die VSA, het die voorkoms van Adele, Frida Kahlo en selfs die tieneraktivis Malala Yousafzai herskep.

Nothing says #girlpower quite like Frida Kahlo. #scoutstolemystyle

A post shared by Scout Penelope (@hello.scout) on

Toe borskanker by Scout se ouma gediagnoseer is, het haar ma, Ashley Larson, begin om haar dogter soos invloedryke vroue aan te trek ten einde haar te leer dat vroue vegters is. “Scout het baie bekommerd geraak toe Nonnie se hare begin uitval en ek wou ons albei gerusstel,” het Ashley aan BoredPanda vertel.

“Ek moes haar leer vroue is vegters en ek moes myself ook daaraan herinner. Ons het beroemdes en sterkes gekies; vurige vroue om haar te leer van die krag wat vroue het.”

You know we had to twin with the gorgeous and hilarious @bettymwhite ?? #ScoutStoleMyStyle #twinning #bettywhite

A post shared by Scout Penelope (@hello.scout) on

Twinning with the amazing @taylorswift

A post shared by Scout Penelope (@hello.scout) on

Klein Scout het tans meer as 50 000 bewonderaars op Instagram, maar sy is salig onbewus van haar roem, het haar ma aan Metro gesê.

“Scout het geen idee van die omvang van haar reikwydte nie. Sy is net dol daaroor om saam met haar mamma vir foto’s te poseer. Dis ons mamma/dogter-tyd,” het Ashley gesê.

Nonnie, soos Scout se ouma liefderik genoem word, is nou vry van kanker en sy het selfs haar verskyning op sommige foto’s gemaak.

“Sy is so ’n groot inspirasie en ons is so gelukkig om haar in ons lewe te hê. Ma is ons heldin,” het Ashley bygevoeg.

Sy wil graag hê haar dogter moet trots wees op die vrou wat sy eendag gaan word.

“Ek hoop dat Scout, wanneer sy terugkyk hierna, trots is op wie sy is en op wie sy gaan word.

“Ek moedig haar ten sterkste aan om die mens te word wat sy graag wil wees. Hoe dit ook al sy, ek dink sy is fantasties.”

Bronne: indy100.com, msn.com, boredpanda.com.