Jacee, wat aanvanklik net langs haar ma se bed sou wees gedurende die bevalling, het gefrustreerd gevoel toe sy nie kan sien wat die dokter doen nie.

Jacee Dellapena is geklee in haar scrubs en latex handskoene en is reg vir die geboorte

Die dokter het toe aangeraai Jacee behartig self die geboorte - en sy het dit met graagte gedoen.

“Ek het begin huil omdat ek gedink het ek sal nie kan sien hoe hy gebore word nie, want ek is te kort,” het Jacee aan NBC News vertel.

Jacee Dellapena is verheug toe haar baba boetie uiteindelik sy verskyning gemaak het

Dede Carraway, Jacee se ma, was aanvanklik baie huiwerig oor die dokter se voorstel, maar het ingestem toe sy sien hoe opgewonde haar dogter is.

Die 12-jarige is binne ’n japtrap in teatermondering geklee, latekshandskoene en al, en het haar boetie met trane in die wêreld verwelkom.

Jacee Dellapena kon haar trane nie keer toe sy uiteindelik haar boetie in die wêreld bring nie

Die uitdrukking op haar gesig? Kosbaar!

Sy het selfs die naelstring geknip.

Jacee Dellapena knip haar boetie se naelstring.

“Die emosie op haar gesig het my laat huil. Dit was ’n goeie oomblik vir my,” het Dede aan Metro vertel.

Jacee was uit haar vel van opgewondenheid.

Die inskrywing is meer as 169 000 in die sosiale media gedeel.

Bronne: Metro.co.uk, NBC News, Facebook