Rolene het die tonge laat klap toe sy Woensdag dié kiekie van haar en haar ewe mooi man op Instagram deel. 

"Het ek al onlangs vir jou gesê ek is lief vir jou?" het die voormalige Mej. Wêreld by die pragfoto van hulle geskryf. "Ek is so dankbaar vir die man; my spanmaat, my beste vriend, my mentor en my liefde." Te kosbaar!

Haar aanhangers kon nie genoeg kry van die foto nie. "Sheeesh - is hy ook ’n model of iets?" wou een weet. "Julle is die mooiste," het nog een laat hoor.

Rolene koer gereeld in die sosiale media oor D'Niel. Sy het ook op Vadersdag vir hom ’n spesiale boodskap gestuur.

Die egpaar het in Februarie hul eerste huweliksherdenking gevier.

With the love of my life ?? @unicef_southafrica @unicef @werner_wessels @anelbothac #endviolence

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

D'Niel is 'n baie behulpsame pa. Hy sit onder meer hand by met hul vyf maande oue babaseun wanneer Rolene op die stel is vir fotosessies. Die knapie is in Januarie vanjaar in George gebore. Sy naam is nie bekendgemaak nie om sy privaatheid te beskerm.

Rolene, wat ook medies swot, is versot op haar nuwe titel as ma.

#tbt to last weekend with the two loves of my life! Oh how I love us 3?? #family #motherhood #lovesofmylife #capetown

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Rolene en D'Niel het mekaar in 2011 op Hartenbos ontmoet. Dis ook hier waar hy haar die jawoord gevra het kort nadat sy in 2014 as Mej. Wêreld gekroon is.

En as 'n mens so kyk na die boodskappies tussen die twee, brand die liefdesvlam sommer baie hoog in die Strauss-huishouding!