Die Bok is in Junie uit Castle Lager se Incoming-reeks gelaat nadat daar bevind is dat sy skouerbesering erger is as wat hy aanvanklik gedink het.

Volgens SuperSport is die Springbokafrigter, Allistair Coetzee, se planne om Duane as lid van die span te hê omvergewerp weens mediese opinies dat Duane eers ’n spesialis moet raadpleeg om te bepaal of hy onder die mes moet gaan.

Dit blyk toe dat dit wel nodig was om aan die groot voorspeler te opereer.

Maar dit is nie vir ’n besering wat hy op die veld opgedoen het nie.

Die Bok moes ’n operasie vir ’n naelstringbreuk ondergaan verduidelik sy vrou Ezél Vermeulen.

Great afternoon with the family at the spa. #thisiswhatitsallabout? #familytime #frenchadventures????

A post shared by Duane Vermeulen (@customs08) on

"Dis ’n redelik ernstige operasie, want dit het hom selfs daarvan weerhou om te oefen."

Naelstringbreuk gebeur wanneer maagspiere nie heeltemal saamgroei nie. Dit veroorsaak dan dat die dunderm of ander weefsels deur die sagte gedeelte van die maag bult.

Aanhangers van die Bok het hom sterkte toegewens met die operasie.



Ons hoop die Bok ’n spoedige herstel om weer ons land breëbors op die veld te verteenwoordig!

Bronne: SuperSport, Twitter