"Vandag 9 jaar getroud met my lief liewer liefste manlief Braam Riekert. Alle eer aan God vir 9 jaar van seën, vir 'n man wat my só mooi oppas en liefhet en vir 'n Pappa wat sy alles vir ons twee krulkop kaalvoetkindertjies gee," skryf sy in die sosiale media. 

En die gelukwensings stroom in!

"Die huwelik is so mooi en spesiaal, koester dit. Julle is 'n stunning awesome familie met God in beheer," skryf Rika Visagie. 

"Baie baie geluk aan die twee mooiste mense Braam Riekert en Sorina. Mag daar nog baie jare van geluk en liefde wees," skryf ene Cindy Deacon. 

"Mag die Here julle nog baie jare saam seën chomma!!" skryf Jason Goliath. 

Sorina en Braam het 'n seuntjie, Braambossie, en dogtertjie, Miana. 

Baie geluk, julle!