En raai wat was die tema? Vyftigs!

Die ikoniese sportster het foto’s van die geleentheid op Instagram geplaas.

Van die glanspersoonlikhede wat deel was van die vieringe sluit Kelly Rowland, Ciara en Eva Longoria in.

’n Gedeelte uit die inskrywing lui: “As jy en jou groep sover gaan as die vyftigs. Selfs toe het hulle agter jou gestaan.”

Dit lyk of die groep op ’n stel van ’n fliek is en dit blyk beslis of hulle ’n dag vol styl en pret gehad het.

1950's @serenawilliams celebration ?? the ???????? baby boom!! ?? #shakerattleandroll2017

A post shared by Angie Beyince (@angiebeyince) on

Serena het in April vanjaar talle tonge los gehad toe sy ’n foto van wat lyk na ’n babamagie op Instagram gelaai het.

Die geslag van Serena en Alexis Ohanian, haar verloofde, se baba is onbekend oor die paartjie dit as verrassing wil hou.

Die verliefdes het in Desember 2016 by ’n hotel in Rome, Italië, verloof geraak nadat hulle mekaar ’n jaar en half tevore by dieselfde hotel ontmoet het.

Serena straal behoorlik van geluk en wie kan haar blameer? Beurt is beurt!