Chasing waterfalls all day??

A post shared by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

Faf het op Instagram en Twitter die nuus aangekondig met ’n foto van hom wat ’n baba se hand vashou. Hierby skryf hy: "Ons grootste seëning nog het in ’n klein pakkie gekom. So baie dankbaar."

Our Biggest blessing yet came as a small package.So very grateful ??????????

A post shared by Faf du plessis (@fafdup) on

Die gelukwensinge het van heinde en ver ingestroom. En as vriende se boodskappe geglo kan word is dit amptelik - die paartjie is ’n babadogter ryker.  "Veels geluk my vriend!" het Phil Dooley op Instagram laat hoor. "Ek kan nie wag om die klein prinsessie te ontmoet nie!"

Die paartjie het in Mei vanjaar bevestig hulle gaan vir die eerste keer ouers word toe ’n hoogswanger Imari by Krieket Suid-Afrika se jaarlikse toekennings in Kyalami, Johannesburg, opgedaag het. Sy was toe 32 weke swanger. "Laaste funksie waar dit net die twee van ons is," het Faf toe by ’n foto van hulle op sosiale media geskryf.

Ready for the CSA awards !!! Last function as only the 2 of us #32weekspregnant

A post shared by Faf du plessis (@fafdup) on

Die paartjie is in 2013 getroud. Die liefdesvlam brand duidelik hoog tussen die twee. Hulle stuur gereeld vir mekaar liefdesboodskappe op sosiale media.

Die paartjie is reeds die ouers van twee skattige hondekinders.

Heels make everything look better... Even a waddle. Also all my kids are in this pic.

A post shared by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

Veels geluk julle twee!