Die voormalige Boer Soek ’n vrou-deelnemer het amptelik in die sosiale media bekendgemaak dat hy die groot vraag gevra het. “Sy het gevra en ek het ja gesê . . . dat ek belowe ek haar hart mooi sal oppas vir altyd!!” skryf hy op Instagram.

En natuurlik deel aanhangers ook in hul geluk.

“Baie geluk . . . Ek is ongelooflik bly vir julle,” skryf ene Chantelle Janse van Rensburg.

“Baie baie geluk julle twee, julle pas so mooi by mekaar en vul mekaar so mooi aan,” skryf Lesce Niewoudt.

Dié paartjie het in die negende seisoen van Boer soek ’n vrou ontmoet.

Ek gooi hom so 8maande terug toe ek die coolste kat onmoet het! #ditvoellanger #dankiedatjy,jyis! #slegsliefde

A post shared by Hennie Lotter (@hennielotter) on

Hennie het in Januarie aangekondig dat hy en Jacobu ’n paartjie is.

Onverwags, onbeplan maar amptelik! ??

A post shared by Hennie Lotter (@hennielotter) on

“Onverwags, onbeplan maar amptelik!” skryf hy op Instagram.

Baie geluk, julle!