Haar haarkleur het al verander van rooi na blond en nou ook na ’n sjokoladebruin kleur.

En kyk net hoe mooi lyk sy!

New look ???? thanks for all the goodies @garyromhair my hair feels sooooo soft from the in salon treatment yesterday!

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

In 7de Laan het ons Angelique Gerber met haar rooi hare as die Roemeen Clara leer ken. Haar hare was ook rooi toe sy die kykNET-werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou aanbied.

#diaz #beach #bikini #southafrica #sun #photoshoot

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

@jacquesdpsa #photography #face #fashion #fierce #warrior #cleclethegreat #aforangel

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Hierna het ons Angelique met ’n ligte kapsel gesien vir die rol van Anaïs in die rolprent Dis Koue Kos, Skat.

Sy het ook onlangs met haar blonde kapsel saam met haar en die Bulls-rugbyspeler Jacques Potgieter se oulike seuntjie, Jacques jr., voor die TV-kameras ingeskuif vir hul VIA-werklikheidsreeks, Angelique en Jr.

Kyk ’n mens na die foto’s van haar verskillende haarkleure, lyk dit of enige kleur Angelique soos ’n handskoen pas.

• Angelique en Jr. word op Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai en op Sondae om 18:30 herhaal.