WAARSKUWING: HIERDIE ARTIKEL BEVAT GRAFIESE BEELDMATERIAAL

Akbar Salubiro (25) van ’n afgeleë dorpie in Indonesië het Sondagaand vermis geraak toe hy palmolie wou gaan oes op ’n nabygeleë eiland.

Sy vriende en familie het Maandag bekommerd begin word toe hy nie terugkeer huis toe nie. Toe hulle vir hom begin soek, het ’n familielid ’n reuse-luislang in Akbar se agterplaas gevind.

Dit het dadelik die vermoede laat ontstaan dat die slang Akbar versmoor en ingesluk het.

Sy lewelose liggaam is toe binne die luislang gevind ná inwoners die slang se maag met ’n lang jagmes oopgesny het.

’n Omstander het die vreesaanjaende oomblik op video vasgevang. Daarin kan jy sien hoe Akbar se lyk stadig uit die reptiel se maag verwyder word.

Akbar se vrou, Munu, was nie tydens die voorval by die huis nie en het eers van die nuus gehoor toe foto’s en video’s daarvan in die sosiale media versprei is.

Salubiro Junaidi, ’n inwoner, het gesê: “Die aand voor Akbar in die slang se maag gevind is, het dorpenaars ’n harde gil gehoor ."

Akbar is nog met sy skoene aan in die slang gevind.

Luislange is wurgslange; hulle versmoor hul prooi voordat hulle dit heel insluk.

Kyk hier na die grafiese video:

Bronne: dailymail.co.uk; viralpress