Baie tieners wens vir ’n paar van hul gunsteling-tekkies of die jongste toestelle as verjaarsdaggeskenke, maar Monique Salinas s’n was iets heel anders.

Al wat die tiener van Texas vir haar quinceañera (15de verjaarsdagvieringe) wou hê, was om haar wyle broer, Mikey, se hart te hoor klop in die meisietjie wat sy hart en niere in ’n onwaarskynlike dubbele oorplanting gekry het.

Hy is 10 jaar terug op vyfjarige ouderdom in ’n motorongeluk dood.

1

“Hy was ’n liefdevolle kind,” vertel sy ma, Melissa. “Waar hy ook al gegaan het, het hy met mense gesels en hulle laat lag. Hy was mal oor skietbaan toe gaan en oor braai . . . hy was lief vir die lewe. Op vyf het hy reeds baie harte gewen.”

Melissa het toe reeds gereël dat Aubrey Reeves, die 18-jarige orgaanontvanger, as verrassing na Monique se partytjie kom.

Lees ook: ‘Dit is net God se genade’: Tweejarige terug by die huis ná boetie hom uit swembad red

“Ek het geweet Monique sou waarskynlik baie emosioneel, opgewonde en ’n bietjie hartser wees,” sê Aubrey, wat die 10 uur lange reis vanaf haar tuisdorp vir die geleentheid aangepak het. “Dis nie haar broer nie, dis iemand anders. Maar ek het geweet dis ’n baie goed ding dat ons twee ontmoet.”

2

Die tiener was agt jaar oud toe sy Mikey se hart ontvang het. Sy het ’n aangebore hartdefek gehad en Mikey se hart was haar derde oorplanting – haar liggaam het die vorige twee verwerp. “Aubrey het Mikey se hart op 17 Junie 2005 ontvang,” sê haar ma, Cheryl. “Ons het ses maande gewag, maar hulle het gesê dis die perfekte skenker. Sy het nie enige probleme met die hart gehad nie. Dit was wonderlik.” Die dag van die ontmoeting was ’n emosionele storie.

“Ek het onmiddellik ’n band met haar aangevoel,” sê Melissa.

Dit was vir Monique die beste geskenk ooit om Aubrey by haar partytjie te hê. “Om Aubrey te ontmoet, was soos geen ander verrassing nie.

Dit was ’n spesiale, ongelooflike geskenk wat niemand anders my sou kon gee nie. Ek het geweet my broer kon nie daar wees nie, maar Aubrey was daar, en hy was binne haar,” sê Monique.

Lees ook: Wanhopige ouma se ope brief: ‘Help! My kleinkind is ’n bedorwe brok!’

“Monique het Aubrey net omhels en ek dink sy’t gefluister: ‘Moenie laat los nie’,” vertel Cheryl.

“Melissa (Hernandez) het haar arms om hul albei gevou en ek het my arms om Melissa gevou. Dit was ’n onwerklike, pragtige oomblik. Aubrey beskou hulle werklik as haar ander familie. Sy aanvaar die idee dat sy deel is van hul familie omdat sy die seuntjie se hart het.”

Kyk by die skakel onder na die emosionele oomblik:

Bronne: abcnews.go.com, today.com

Ander stories op huisgenoot.com:

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model

Man stel aanlyn profiel as vrou op, met skokkende gevolge

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek