Die vliegtuig was in vlamme gehul. Foto’s in sosiale media wys hoe rookwolke uit die vliegtuig borrel.
’n Ooggetuie, Krishna Bhagavutula, het in sosiale media vertel dat vlamme deur die bokant van die vliegtuig sigbaar was voordat die brand onder beheer gebring is.
Na wat berig word, is die tuig ontruim en geen beserings van passasiers is tot dusver bekend nie.

Meer inligting sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.