Die musiekvideo vir The Tide wys ’n man wat bly aanhou, ten spyte van die struikelblokke in sy pad, vertel die sanger. Die snit boer al ’n geruime tyd op radiostasies en vorm deel van Elvis se nuwe album, Optics, wat later in Junie verskyn.

"Ons almal ervaar dinge wat ons uitdaag," sê Elvis oor The Tide. "Met hierdie musiekvideo wou ek hierdie struikel uitbeeld. Ek hoop mense kan daarmee identifiseer."

Lees ook: Elvis Blue gesels met Huisgenoot oor sy Ghoema-glorie

Elvis het ook by die afgelope naweek se South African Music Awards met die prys vir Beste Kontemporêre Album weggestap. Met hierdie nuutste wen het Elvis sy naam in die geskiedenisboeke verewig aangesien dit beteken hy het effektief ’n SAMA vir elk van sy albums tot dusver gewen.

"Sjoe, wat kan ek sê!" was Elvis se reaksie na afloop van sy nuutste wen. "Jy is waarlik gelukkig as jy kan doen waarvoor jy lief is op ’n daaglikse basis."

Kyk hier na Elvis se nuwe musiekvideo vir The Tide:

Lees ook op Huisgenoot.com:

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord

Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof

Hoe goed ken jy jou 1933-vertaling van Die Bybel?