Elma Postma het haar troufoto’s spesiaal met Huisgenoot gedeel. Sy en Paul Potgieter is op 14 Desember 2016 getroud. Hierdie klein geleentheid vir 50 gaste is by Kuthaba Bush Lodge, in die hartjie van Limpopo, gehou.

annegracephotography_preview-6-elma

“Dit was die perfekte dag en ek het met my droomman getrou in ’n Anel Botha Couture-skepping. Ons was omring deur ons naaste familie en vriende en ek het lanklaas in my lewe soveel geluk en liefde in een dag ervaar”, vertel Elma.

“Hoewel my nuwe van nou Potgieter gaan wees, sal ek nog steeds onder my nooiensvan werk.”

annegracephotography_preview-10-elma

“Die volgende mense het ’n groot rol gespeel en die egpaar wil hulle graag opreg bedank: Rok: Anel Botha Couture; Foto’s: Anne Grace Photography; Onthaal: Kuthaba Bush Lodge; Dekor en Blomme: De Villiers blomme in Modimolle; Ekstra dekor en drukwerk: The Wedding Warehouse; Troukoek: Die Bakhuis, Modimolle; Musikant: Jude Harpstar; Grimering van bruid, asook hare van familie: Valencia Mcleod; Grimering van familie en strooimeisies: Isabel Asamu; Bruid se hare: Sandy Francis, Duchess_of_mane; Video: Bulelani Busakwe; Produkte en behandelings: Cosmetique2000, Venus Concept Africa; Slender Wonder; Dragon Fitness, Atterbury, Pretoria.”