Die bekende aktrise Elma Postma en Paul Potgieter het in Desember afgehaak, in die groenigheid van die Bosveld.

Die aktrise, wat veral onder kykers bekend geraak het toe sy destyds die rol van Dezi in 7de Laan vertolk het, het dié week die mooiste foto's van haar troudag met haar aanhangers op Facebook gedeel.

Huisgenoot het vroeër berig dat hierdie intieme geleentheid op 14 Desember by Kuthaba Bush Lodge in die hartjie van Limpopo gehou is.

50 gaste het die dag saam met die paartjie gevier.

Sy het in ’n Anel Botha-skepping by die paadjie afgestap.

Foto’s: Anne Grace Photography