Suid-Afrika se gunsteling-sangpaar is terug met nog ’n treffer: Bloed Is Dikker As Water. En Huisgenoot deel ekslusief die eerste voorsmakie van die musiekvideo!

Die enkelsnitte Love At First Sight, Burning Up en Beloftes van die gelyknamige album word reeds gereeld deur radiostasies landwyd gespeel. Hul duet Beloftes saam met die Afrikaanse sangeres Cordelia is ook nommer een op verskeie Afrikaanse Top 20-radioprogramme.

Bloed is Dikker As Water is deur beide Die Campbells en die bekende Afrikaanse sanger en liedjieboer Gerhard Steyn geskryf.

Hul nuwe album is nou reeds landwyd op winkelrakke beskikbaar.

Die Campbells - Bloed Is Dikker As Water CD Cover (low res)