Obdulia Sanchez (18) het egter twee onvergeeflike foute begaan. Sy het die rit, met haar suster en dié se vriendin agter in die motor, regstreeks op Instagram verfilm. Maar sy was ook na bewering besope agter die stuur.

Obdulia het beheer oor die motor, 'n Buick, op die 165-snelweg in Los Banos verloor. Die motor het ’n draadheining getref en in die veld beland. Jacqueline is deur die slag uit die motor geslinger.

In die skokkende video wat deur Mary Hernandez opgeneem is omdat dit regstreeks op Instagram gedeel is, kan gesien word hoe Obdulia gereeld interaksie met haar slimfoon se kamera het.

Harde rymklets-musiek speel en sy sing lustig saam. Dan volg daar gille.

My suster is f*kken dood. Kyk. F*k. My suster is dood, ek gee nie ’n f*k om nie.

Dit kom voor of die motor tol. Wanneer dit stil raak word gehoor hoe iemand, vermoedelik Obdulia, na Jacqueline roep.

Maar sy sit nie haar slimfoon se kamera af nie. Inteendeel, sy gaan voort om af te neem.

Dis die laaste ding wat ek wou hê moet gebeur, maar dit het.

“Julle almal, as ek f*kken lewenslank tronk toe gaan, dan weet julle hoekom. My suster is f*kken dood. Kyk. F*k. My suster is dood, ek gee nie ’n f*k om nie.

“Dis die laaste ding wat ek wou hê moet gebeur, maar dit het.

“Ek gaan jou nou vashou. Ek is lief vir jou. Rus in vrede, baby. Word wakker, baby! Ek is so jammer. Ek wou jou nie doodmaak nie!” begin sy dan aan die lewelose liggaam van haar sussie gil.

In die agtergrond huil iemand, waarskynlik Jacqueline se maatjie. Haar regterbeen is besonder ernstig in die voorval beseer.

Dan kyk Obdulia na die kamera en sit dit af.

Obdulia is in hegtenis geneem op aanklag van manslag en dronkbestuur.

Jacqueline sou Sondag haar 15de verjaardag gevier het. Daar is nou 'n GoFundMe-blad begin om die familie te help met haar begrafnis.

Waarskuwing: Grafiese beeldmateriaal en kru taal mag sensitiewe lesers ontstel

Bronne: independent.co.uk, cbsnews.com, koblist.com