Maar waaroor die groot opgewondenheid? Aibang, verbonde aan die Chengdu-navorsingsbasis waar daar met reusepandas geteel word, se baba is die eerste pandatjie wat in 2016 in aanhouding die eerste lewenslig aanskou het. Die geboorte is deur foto’s, artikels en selfs ’n regstreekse videostroom met die wêreld gedeel. Wie sou kon glo dat so ’n groot mamma-beer die lewe aan so ’n klein wesentjie kon skenk?

Natuurlik is die nuweling eers mooi skoongemaak en in ’n broeikas geplaas om te help seker maak alles verloop klopdisselboom.

Die langasems en diegene wat nie oor datakostes bekommerd is nie, kan die bykans vier uur lange volledige geboorte vasgevang op video hier volg:

As jou hart teen hierdie tyd nog nie geheel en al verower is nie, gaan dié tweeling dit gewis regkry. Hulle was die eerste tweeling wat die eerste keer in meer as 25 jaar in 2013 in Amerika gebore is. Die “Panda Cam” is by die Atlanta Fulton County-dieretuin.

En as hul groter word en met bottels gevoed word, verstaan jy hoekom die woord ‘pandamonium’ so gepas is…

Bronne: Instagram, ecns.cn

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

Hoekom jy liefs nie jou hond ’n drukkie moet gee nie

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Kyk: Dié vrou maak die spoggerigste kapsels vir perde